General Edward Lawrence Logan Internasionale Lughawe Boston Logan Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: BOS – ICAO: KBOS – FAA: BOS | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Public | ||
Eienaar/Operateur | Massachusetts Port Authority | ||
Ligging | Boston en Winthrop, Massachusetts, V.S.A. | ||
Geopen | 8 September 1923 | ||
Spil vir |
| ||
Fokuspunt vir | JetBlue | ||
Hoogte bo seevlak | 19 vt / 6 m | ||
Koördinate | 42°21′47″N 071°00′23″W / 42.36306°N 71.00639°W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
FAA lughawediagram | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
4L/22R | 7,864 | 2,397 | Asphalt |
4R/22L | 10,006 | 3,050 | Asphalt |
9/27 | 7,001 | 2,134 | Asphalt |
14/32 | 5,000 | 1,524 | Asphalt |
15L/33R | 2,557 | 779 | Asphalt |
15R/33L | 10,083 | 3,073 | Asphalt |
Statistieke (2022) | |||
Lugbewegings | 378,613[1] | ||
Passasiers | 36 090 716[2] | ||
Totale vrag (lbs.) | 645 688 980[2] | ||
Bron: Federale Lugvaartadministrasie, Massport[2] |
Generaal Edward Lawrence Logan Internasionale Lughawe (IATA: BOS – ICAO: KBOS – FAA: BOS) ook bekend as Boston Logan Internasionale Lughawe of net Logan[3][4] is 'n internasionale lughawe wat meestal in Oos-Boston en gedeeltelik in Winthrop, Massachusetts geleë is. Dit is in 1923 geopen en beslaan 965 hektaar, het ses aanloopbane en vier passasiersterminale, met na raming 16 000 mense in diens. Dit is die grootste lughawe in beide die Statebond van Massachusetts en die Nieu-Engeland-streek in terme van passasiersvolume en vraghantering sowel as die besigste lughawe in die Noordoostelike Verenigde State buite die New Yorkse metropolitaanse gebied. Die lughawe het in 2019 42 miljoen passasiers hanteer, die meeste in sy geskiedenis. Dit is vernoem na generaal Edward Lawrence Logan, 'n 20ste-eeuse oorlogsheld van Boston.
Logan huisves direkte vlugte van/na bestemmings regoor die Verenigde State en die wêreld. Die lughawe is die transatlantiese spilpunt vir Delta Air Lines, wat verskeie bestemmings in Europa bedien. Dit is ook 'n bedryfsbasis vir JetBlue.[5][6] American Airlines en United Airlines bedryf ook vanaf die lughawe, insluitend daaglikse transkontinentale vlugte, ook na Londen-Heathrow. Al die groot Amerikaanse lugrederye bied vlugte vanaf Boston na hul primêre en sekondêre spilpunte.